Antieke filosofie

Antieke filosofie of klassieke filosofie is gewoonlik die benaming vir die filosofie van die klassieke Griekse en sommige Romeinse filosowe. Dit begin in die sesde eeu vC en duur tot die vyfde eeu nC en kan verdeel word in drie periodes: die pre-sokratiese tydperk (sesde eeu - vyfde eeu vC), die bloeityd (vyfde en vierde eeu vC) en 'n post-klassieke tydperk (derde eeu voor - vyfde eeu nC).

In antieke tye het filosofie ook onderwerpe ingesluit wat later in afsonderlike wetenskappe verdeel is, soos fisika, sielkunde, biologie, kosmogonie, ens. Aanvanklik was Griekse filosowe primêr besig met die vraag oor die oorsprong en bestaan van die wêreld, met die groot stap was dat mens wegbeweeg van die tradisionele mites wat ook daarop fokus. Met die sofiste en Sokrates verkry die filosofie 'n sosiale aspek, en kom vrae oor menslike gedrag na vore. Met Plato, bloei die metafisika, maar in 'n sekere sin inkorporeer hy al die voorafgaande, en berei voor vir wat na hom kom. Sy filosofie is 'n reusagtige struktuur waarin alles met mekaar verband hou, hoewel hy besig is met die natuurfilosofie, met die vraag wat kennis is, en hoe 'n samelewing daaruit moet sien. Met Aristoteles word die verskillende dissiplines geskei, want vir hom is nie alles met alles verbind nie. Hy is ook die uitvinder van die logika. Hellenistiese filosofie gaan dan oor taalkundige filosofie en logika (die stoïsisme), en vir die natuurverklarings verwys dit gedeeltelik na die filosowe voor Sokrates se tyd, maar meer en meer kom die kwessie van menslike geluk na vore, en hoe om innerlike vrede te bereik. Met die neo-platonisme kom 'n mistieke element na vore.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search